Primêre Kroniek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Primêre Kroniek (Ou Kerkslawies: Повѣсть времяньныхъ лѣтъ; Russies: Пóвесть врéменных лет, Powest wremennich ljet; Oekraïens: Пóвість врéмяних літ, Powist wremjanich lit; Wit-Russies: Апóвесць мíнулых часóў, Apowests minoelich tsjasoũ) is die geskiedenis van Kiëf-Roes, die middeleeuse voorloper van die huidige Rusland, Belarus (Wit-Rusland) en Oekraïne, van omstreeks 850 tot 1110. Dit is oorspronklik omstreeks 1113 in Kiëf saamgestel.