Priapos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Priapos of Priapus (Grieks: Πρίαπος) was in die Griekse mitologie die kind van Dionysos en Afrodite. Hy was ’n mindere god van vrugbaarheid en die beskermer van vrugteplante, vee, tuine en manlike geslagsdele. Hy word kenmerkend uitgebeeld met ’n belaglike groot, permanente ereksie en sy naam het gelei tot die mediese term priapisme.
Kitsfeite Naam, God van ...
Priapos | |
---|---|
Griekse god | |
Naam | Priapos |
God van | Vrugbaarheid; beskermer van vrugteplante, vee, tuine en manlike geslagsdele |
Simbool | Donkie, blomme, vrugte, groente, vis en bye |
Ouers | Dionysos en Afrodite |
Broers en susters | Eros, Pan, Hermafroditos, Grasieë e.a. |
Romeinse eweknie | Mutunus Tutunus |
Sluit
Hy het ’n gewilde figuur geword in die erotiese kuns van Pompeji en is die onderwerp van ’n humoristies obsene versameling gedigte, die Priapeia.