Pretoria-Pietersburgspoorlyn
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pretoria-Pietersburgspoorlyn is tussen in 1897 en 1899 van Pretoria na Pietersburg (deesdae Polokwane) deur die Pretoria Pietersburg Spoorweg Maatschappij met Britse kapitaal gebou. Vyf maande nadat die spoorweg voltooi is, breek die Tweede Vryheidsoorlog uit en die ZAR-regering lê beslag op die spoorweg. Na die oorlog kom dit onder die beheer van die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë.