President van Brasilië
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die President van Brasilië (Portugees: Presidente do Brasil), amptelik die President van die Federale Republiek van Brasilië (Portugees: Presidente da República Federativa do Brasil) of eenvoudig die President van die Republiek, is die staatshoof sowel as die regeringshoof van die Federale Republiek van Brasilië. Die president lei die uitvoerende tak van die federale regering en is die opperbevelvoerder van die Brasiliaanse Gewapende Magte. Die presidensiële stelsel is in 1889 ingestel na die proklamasie van die republiek in 'n militêre staatsgreep teen Keiser Pedro II. Sedertdien had Brasilië ses grondwette, drie diktatorskappe, en drie demokratiese periodes. Tydens die demokratiese periodes was stem verpligtend. Die Grondwet van Brasilië, tesame met verskeie grondwetwysigings, stel die vereistes, magte, en verantwoordelikhede van die president en sy of haar ampstermyn asook die metode van verkiesing vas.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Presidente van Brasilië. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.