From Wikipedia, the free encyclopedia
Stefanus (II) was die 92ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Stefanus (II) volg op 23 Maart 752 vir Pous Sagarias op, maar sterf weens 'n beroerte voordat hy in die amp bevestig is op 25 Maart 752. Hy word opgevolg deur Pous Stefanus II. Die naam ‘Stefanus’ beteken 'gekroonde'.
Pous Stefanus (II) is wel wettige as pous verkies, maar nooit in die amp bevestig nie. Hy sterf drie dae na sy verkiesing. Tot 1961 is hy deur die Roomse Kerk as die 92ste pous erken. In 1961 besluit die Vatikaan om hom as wettige pous te skrap omdat hy nooit biskop (van Rome) was nie. Dit het die nommering van al die volgende pouse lelik omgekrap. Sy opvolger het ook die naam Stefanus gehad en was tot 1961 die 93ste pous met die naam Stefanus III. Tans is hy die 92ste pous met die naam Stefanus II, maar word gewoonlik in die literatuur aangedui as Stefanus II (III).
Sien die Lys van pouse (onderafdeling: Die spesiale geval van Pous Stefanus (II)) vir 'n verder bespreking.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Sagarias |
Pous (Pontifex Maximus) 752 – 752 |
Opgevolg deur Stefanus II |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.