26ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk From Wikipedia, the free encyclopedia
Felix I was die 26ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Felix I | |
---|---|
Geboortenaam | Felix |
Pontifikaat begin | 5 Januarie 269 |
Pontifikaat eindig | 30 Desember 274 |
Voorganger | Dionisius |
Opvolger | Eutichianus |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 30 Desember 274 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Felix |
Pous Felix I is 'n Romein van geboorte. Op 5 Januarie 269 volg hy Pous Dionisius op en regeer tot sy dood op 30 Desember 274. Hy word opgevolg deur Pous Eutichianus. Die naam ‘Felix’ beteken ‘die gelukkige.
Tydens sy pontifikaat ontvang hy die verslag van die sinode van Antiogië geadresseer aan sy voorganger Pous Dionisius. Die sinode het die biskop Paulus van Samosata afgesit oor sy kettery oor die leerstelling van die Drie-eenheid. Die Liber Pontificalis meld dat Felix 'n basiliek op die Via Aurelia opgerig het. Hy het meer duidelikheid gegee oor verskeie leerstellings en die ritus van die mis. Hy stel die dualiteit van Jesus van Nasaret as twee persone, God en mens vas. Hy inisieer ook die leerstelling oor die Drie-eenheid. Hy staan ook toe dat martelare onder die altaar in kerke begrawe word en dat misse jaarliks op die grawe opgedra mag word. Hy het hom beywer vir die gelowiges wat onder keiser Aurelianus vervolg is en is uiteindelik self aan die vervolging as martelaar dood. Hy is bekend as die pous wat baie ywerig was in evangelisasie. Hy is begrawe in die katakombe van Callixtus.
Pous Felix I word as heilige en martelaar vereer. Sy feesdag in die Rooms-Katolieke Kerk is op 30 Desember.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Felix I. |
Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Voorafgegaan deur Dionisius |
Biskop van Rome 269 – 274 |
Opgevolg deur Eutichianus |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.