Porsche-museum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Porsche-museum is 'n motormuseum in die Duitse stad Stuttgart. Die museum is naby die hoofsetel van Porsche in Stuttgart-Zuffenhausen geleë en het sy deure in 1976 geopen. Die nuwe Porsche-museum is op 31 Januarie 2009 geopen.
Meer inligting Plek, Land ...
Ingang na die Porsche-museum | |
Plek | Stuttgart |
---|---|
Land | Duitsland |
Openingsjaar | 1976 |
Tipe museum | Motormuseum |
Webtuiste | www.porsche.com/museum |
Sluit
Vanaf middel-2005 is die museum opgeknap en uitgebrei volgens 'n ontwerp van die Weense argitekfirma Delugan Meissl. In die gebou, met 'n uitstallingsruimte van 5600 m2, word tagtig voertuie tentoongestel en kan mens allerlei feite oor Porsche verneem.