Place Stanislas
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Place Stanislas is 'n plein in die stad Nancy in Lotaringe in Frankryk. Die plein is in opdrag van die laaste hertog van Lotaringe Stanislas Leszczynski deur die argitek Emanuel Héré ontwerp en tussen 1751 en 1755 gebou. Sy huidige naam is in 1831 deur die inwoners van Nancy aan hom gegee in herinnering aan hulle voormalige hertog wat allerwee vir sy opheffingswerk beroemd was. Place Stanislas word tot UNESCO se wêrelderfenisgebied toegereken, en as een van die mooiste pleine in Frankryk beskou. Die plein is oorspronklik bedoel om as 'n skakel tussen die Ville Neuve, die nuwe stadsuitbreidings, en die historiese sentrum van Nancy te dien. Hy het sedertdien 'n algemene toeristeaantreklikheid sowel as 'n alledaagse leefruimte vir die inwoners geword.
Place Stanislas, Place de la Carrière en Place d'Alliance in Nancy* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Kaart wat die Place Stanislas vertoon | |
Posisie van die Place Stanislas in Frankryk | |
Koördinate: 48°41′38″N 06°10′59″O | |
Lande | Frankryk |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | i, iv |
Verwysings | 229 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1983 (7de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.