![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/25/Chocolate_Persian.jpg/640px-Chocolate_Persian.jpg&w=640&q=50)
Persiese kat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Persiese kat (Turks: Fars kedisi; Engels: Persian) is ’n langharige katras wat uitgeken word aan sy ronde gesig en plat snoet. Sy naam kom van Persië, die eertydse naam van Iran. Dit word sedert die laat 19de eeu deur katliefhebbers as ’n ras erken. Hulle is eers in Brittanje ontwikkel en ná die Tweede Wêreldoorlog hoofsaaklik in die VSA. In Brittanje word hulle langhaarkatte of Persiese langhaarkatte genoem.
Kitsfeite
Persiese kat | ||||
![]() | ||||
Alternatiewe naam | Langhaarkat, Persiese langhaarkat | |||
Land | Persië (Iran), Turkye | |||
Soort lyf | Stewig | |||
Pels | Lank | |||
Patroon | Alle | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Sluit
Dit was jare lank die gewildste kat in die VSA, maar in Brittanje en Frankryk het hul gewildheid afgeneem.