Persiese Ryk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Persiese Ryk (Persies: شاهنشاهی ایران, Šâhanšâhiye Irân, letterlik: "Keiserlike Iran") was 'n ryk in die Oudheid op die gebied van die huidige Iran en aangrensende lande, wat tussen Thracië in die noordweste, Egipte in die suidweste en Indië in die ooste geleë was. Dit het tussen 550 v.C. en 330 v.C. as Achaemenidiese Ryk of Oud-Persiese Ryk, tussen 305 v.C. en 129 v.C. as Seleukidiese Ryk, tussen 204 v.C. en 240 n.C. as Partiese Ryk of Arsakidiese Ryk en tussen 224 n.C. en 651 n.C. as Sassanidiese Ryk of Nieu-Persiese Ryk bestaan. Die vernaamste nedersetting is Persepolis en die belangrikste godsdiens Zoroastrisme. Die Persiese Ryk was oor eeue heen die mededinger van die Griekse stadstate, die Romeinse Ryk en die Bisantynse Ryk, onderskeidelik. Die Persiese Ryk het geëindig met die uitbreiding van Islam deur Arabiere en die daaropvolgende Islamisering van die gebied. Die uitbreiding van die Persiese Ryk het die verspreiding van beide die Irannese tale en Irannese volke teweeggebring.
- Die Achaemenidiese Ryk op sy grootste omstreeks 500 v.C.
- Die Seleukidiese Ryk op sy grootste omstreeks 323 v.C.
- Die Partiese Ryk op sy grootste in 1 v.C.
- Die Sassanidiese Ryk op sy grootste omstreeks 600 n.C.