Peka (Hebreeus: פקח vir "met oop oë") was die koning van die koninkryk van Israël tussen die jare 737 v.C. tot 732 v.C.. Hy was die seun van Remaljahu en word koning nadat hy, met behulp van vyftig manne uit Gilead, sy voorganger Pekahia vermoor het (2 Konings 15:25-27). Tydens die heerskappy van Peka val die Assiriese koning Tiglat-Pileser III Israël binne en beset hy verskeie stede in die noorde van Israël. Die Assiriese koning voer ook ´n groep Israëliete as ballinge mee na Assyrië. In 2 Konings 15: 29-31 word genoem dat Hosea hierna teen Peka saamgesweer het en dat Peka doodgemaak is. In die inskripsies van koning Tiglat-Pileser word melding gemaak van die oorlog teen Israel en daar word aanspraak gemaak dat die Assiriese koning persoonlik vir Peka afgeset het en vervang het met Hosea.
Peka | |
---|---|
Peka volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum | |
Gebore | Koninkryk van Israel |
Nasionaliteit | Israeliet |
Beroep | koning van Israel |
Termyn | 737-732 v.C. |
Voorganger | Pekahia |
Opvolger | Hosea |
Ouer(s) | Remaljahu |
2 Konings 15: 25-31
- Die Bybel (1953-Vertaling)
- Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981. ISBN 3-417-24528-1
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.