![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0d/Paramagnetism_with_and_without_field.svg/langaf-640px-Paramagnetism_with_and_without_field.svg.png&w=640&q=50)
Paramagnetisme
From Wikipedia, the free encyclopedia
Paramagnetisme is die magnetiese eienskap van 'n materiaal wat ongepaarde elektronspins bevat wat nie aan mekaar gekoppel is nie.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0d/Paramagnetism_with_and_without_field.svg/640px-Paramagnetism_with_and_without_field.svg.png)
'n Paramagnetiese materiaal sal by blootstelling aan 'n uitwendige magneetveld met sterkte H 'n magnetisasie M genereer wat direk eweredig is aan die veld. Die eweredigheidskonstante word die vatbaarheid of susseptibiliteit genoem.
Die magnetiese vatbaarheid volg gewoonlik Curie-Weiss se wet wat sê dat dit omgekeerd eweredig met die (absolute) temperatuur is:[1]
Hierin is C die Curie-konstante wat bepaal word deur die grootte en die aantal van die magnetiese momente (spins) in die materiaal:
- Die magnetiese deurdringbaarheid van die vakuum:
- Die aantal spins per volume:
- Die magnetiese moment van die spins:
- Konstante van Boltzmann:
- Die magnetiese deurdringbaarheid van die vakuum: