![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/99/Unexploded_shell_in_the_cathedral_in_Genoa_%2528Italy%2529.jpg/640px-Unexploded_shell_in_the_cathedral_in_Genoa_%2528Italy%2529.jpg&w=640&q=50)
Pantserbreekdop-vormdop-projektiel
tipe ammunisie / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Pantserbreekdop-vormdop-projektiel (Engels: APCBC) is 'n tipe pantserbreekprojektiel wat in die 1930's bekendgestel is. Dit is 'n normale pantserbreekprojektiel met 'n dun, sagter metaaldop oor die projektiel se punt. Hierdie dop is normaalweg stomp of plat aan die voorkant en verhoog die lugweerstand van die projektiel. Om dit te oorkom word 'n vormdop oor die eerste, stomp dop gesit wat normaalweg uit dun metaal bestaan het om die aërodinamika van die projektiel te verbeter. Dit het die APCBC-projektiele toegelaat om hoër snelhede te bereik, en die teiken met meer energie te tref, veral oor lang afstande. Met impak verkrummel die vormdop en laat die pantserbreekgedeelte om deur die teiken te dring.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/99/Unexploded_shell_in_the_cathedral_in_Genoa_%28Italy%29.jpg/640px-Unexploded_shell_in_the_cathedral_in_Genoa_%28Italy%29.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/33/BL15inchAPMkXXIIBNTShell1943Diagram.jpg/320px-BL15inchAPMkXXIIBNTShell1943Diagram.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c5/Shells_from_IJN_WW2_battleships.jpg/640px-Shells_from_IJN_WW2_battleships.jpg)