From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pêrelrivier (Chinees: 珠江, Zhū Jiāng [ʈʂú tɕjɑ́ŋ], Engels: Pearl River, Portugees: Rio das Pérolas) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in die suidooste van die Volksrepubliek China. Die rivier, met 'n lengte van 2 400 km, mond tussen Hongkong in die ooste en Macau in die weste in die Suid-Chinese See uit. Sommige van sy bronriviere ontspring ook in Viëtnam.
Pêrelrivier | |
---|---|
Die Pêrelrivier in Kwangtsjou. | |
Die stroomgebied van die Pêrelrivier. | |
Oorsprong | verskillende bronne van sy sytakke |
Monding | tussen Hongkong en Macau in die Suid-Chinese See |
Stroomgebied | Yunnan, Guizhou, Guangxi, Kwangdong, Hongkong en Macau (Volksrepubliek China) |
Lengte | 2 400 km (1 491 myl)[1] |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 9 500 m³/s (335 489 ft³/s)[2] |
Stroomgebiedopp. | 453 700 km² (175 175 myl²)[3] |
Kaart van die Pêrelrivier-bekken in China. |
Die Pêrelrivier vloei deur een van die belangrikste ekonomiese streke van China met groot stede soos Guilin, Dongguan, Fosjan, Sjenzhen, Kwangtsjou, Zhuhai, Hongkong en Macau. Die rivier mond in die uitgestrekte Pêrelrivierdelta uit, waar drie riviere bymekaar kom: die Noord-rivier (北江 Běijiāng; Bei Jiang), die Oos-rivier (东江 Dōngjiāng; Dong Jiang) en die Wes-rivier (西江 Xījiāng; Xi Jiang).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.