![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/de/Reconstruction_of_the_temple_of_Jerusalem.jpg/640px-Reconstruction_of_the_temple_of_Jerusalem.jpg&w=640&q=50)
Outremer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Outremer (Frans: anderkant die see) is die historiese naam vir die gebied van die Christelike kruisvaarderstate, wat na die Eerste Kruistog langs die Levantynse kus (op die grondgebied van die huidige Israel, Libanon en Jordanië) gestig is, veral die Koninkryk van Jerusalem.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
In die 12de eeu skryf Willem van Tyrus sy werk Historia rerum in partibus transmarinis gestarum (Frans: Histoire d'Outremer), 'n geskiedenis van Outremer in 23 boekdele, wat egter onvoltooi bly en verlore gegaan het.
Sowat drie eeue later verskyn in 1490 Sébastien Mamerot se Les passages faits Outremer par les Français contre les Turcs et autres Sarrazins et Maures outremarins, 'n boek oor die Franse kruistogte teen die Turke, Sarasene en More.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/de/Reconstruction_of_the_temple_of_Jerusalem.jpg/320px-Reconstruction_of_the_temple_of_Jerusalem.jpg)