![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2d/Autonomous_areas.svg/langaf-640px-Autonomous_areas.svg.png&w=640&q=50)
Outonome gebied
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Outonome gebied is 'n gebied wat tot 'n bepaalde land behoort, maar sy eie wette en gewoonlik ook sy eie regering het, wat nogtans beperkte bevoegdhede besit.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2d/Autonomous_areas.svg/640px-Autonomous_areas.svg.png)
Buitelandse betrekkinge en nasionale verdediging is gewoonlik aan die sentrale regering van die land voorbehou. Watter ander bevoegdhede die outonomie gebied het kan wissel van gebied tot gebied. Dit kan byvoorbeeld wees dat dit 'n ander amptelike taal het, soos in die geval van die Faroëreilande.