Die ortografie van 'n taal spesifiseer die korrekte manier waarop 'n spesifieke skryfstelsel gebruik word om die taal te skryf (waar meer as een skryfstelsel bestaan, soos in die geval van Koerdies, kan daar meer as een ortografie wees). Ortografie is afgelei van die Grieks ὀρθός, orthós ("korrek") en γράφειν gráphein ("om te skryf"). Ortografie is nie dieselfde as tipografie nie.

Ortografie beskryf of definieer die stel simbole (grafeme en diakritiese tekens) wat gebruik word en die reëls oor hoe om die simbole te skryf. Afhangende van die aard van die skryfstelsel kan die reëls leestekens, spelwyse en hooflettergebruik insluit. Hoewel "ortografie" in die omgangstaal baie keer as sinoniem met spelwyse gebruik word is spelling slegs 'n onderdeel van ortografie.

Kyk ook

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.