From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Ontwerpspatroon identifiseer en isoleer die sleutelaspekte van algemene ontwerpsprobleme en verskaf algemene oplossings vir hierdie probleme binne die gegewe probleemdomein.
In die geval van objekgeoriënteerde programontwerp, verskaf ontwerpspatrone algemene abstraksies vir die skepping van herbruikbare objekgeoriënteerde ontwerpe.
Ontwerpspatrone identifiseer:
Die konsep van ontwerpspatrone is aanvanklik deur die argitek Christopher Alexander et al gepubliseer. Hy het die oplossings vir algemene ontwerpsprobleme in argitektuur en stadsbeplanning geïdentifiseer.
In 1987 het Kent Beck and Ward Cunningham begin eksperimenteer met die toepassing van ontwerpspatrone in programontwerp en het hulle bevindinge voorgedra by die OOPSLA-konverensie van daardie jaar.
Ontwerpspatrone het baie populêre byval begin vind na die publikasie van die boek Design Patterns: Elements of reusable Object-Orientated Software deur Erich Gamma, Richard Helm, Ralph Johnson en John Vlissides
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.