regsentiteit geïnkorporeer deur 'n wetgewende of registrasieproses From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Sakeonderneming is 'n outonome/onafhanklike ekonomiese eenheid wat goedere en dienste binne 'n spesifieke ekonomiese stelsel produseer en lewer. Ondernemings is die nywerheid se kontakpunt met die verbruiker. Ondernemings voeg die verskillende sakefunksies bymekaar deur middel van goeie bestuur om winsgewendheid en gladde bedryfsverloop, onder meer, teweeg te bring. In die studie van bedryfsekonomie, bestaan daar drie verskillende ondernemings, naamlik klein ondernemings, medium ondernemings, en groot ondernemings. Daar is nie 'n duidelike onderskeid tussen die drie ondernemings van verskillende grootte nie. Die enigste faktor wat onderskeid tref tussen klein en groot ondernemings, is die onafhanklike eienaarskap en beheer.
Daar bestaan verskillende soorte ondernemings, waaronder eenmansake, vennootskappe, beslote korporasies, maatskappye (privaat of publiek).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.