Oekraïense argitektuur
argitektuur van Oekraïne / From Wikipedia, the free encyclopedia
Oekraïense argitektuur het aanvanklike wortels in die Oos-Slawiese staat Kiëf-Roes. Na die Mongoolse inval in Kiëf-Roes, het die duidelike argitektoniese geskiedenis voortgegaan in die prinsdomme Galicië-Volynië en later in die Groothertogdom Litaue. Gedurende die tydperk van die Zaporozjiaanse Kosakke het 'n styl uniek aan Oekraïne ontwikkel onder die invloede van die Pools-Litaus Statebond.
Na die unie met die Tsaredom Rusland het argitektuur in die Oekraïne in verskillende rigtings begin ontwikkel, met baie strukture in die groter oostelike, Russies-beheerde gebied gebou in die style van Russiese argitektuur van daardie tydperk, terwyl die westelike Galicië onder Oostenrykse-Hongaarse argitektoniese invloede ontwikkel is. Oekraïnse nasionale motiewe sou uiteindelik gedurende die tydperk van die Sowjetunie en in die moderne onafhanklike Oekraïne gebruik word.