Nicéphore Niépce
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nicéphore Niépce (geb. Joseph Niépce; 7 Maart 1765 – 5 Julie 1833)[1] was ’n Franse uitvinder, wat veral bekend is as een van die uitvinders van fotografie.[2] Hy het heliografie uitgevind, ’n tegniek waarmee die wêreld se oudste foto wat behoue gebly het, View from the Window at Le Gras, in 1826 geneem is.[3]
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Nicéphore Niépce | |
---|---|
![]() Nicéphore Niépce, omstreeks 1795. | |
Gebore | Joseph Nicéphore Niépce (1765-03-07)7 Maart 1765 Chalon-sur-Saône, Saône-et-Loire, Frankryk |
Sterf | 05 Julie 1833 (op 68) Saint-Loup-de-Varennes, Saône-et-Loire |
Nasionaliteit | Frans |
Beroep | Uitvinder |
Bekend vir | Fotografie Binnebrandenjin |
Handtekening | |
![]() |
Sluit
Nog een van sy uitvindsels is die binnebrandenjin, wat hy uitgedink, geskep en saam met sy ouer broer, Claude Niépce, ontwikkel het.[4]