From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nereïdes (Grieks: Νηρηΐδες) was in die Griekse mitologie die 50 seenimfdogters van Nereus en Doris. Hulle het Poseidon dikwels vergesel en was vriendelik en hulpvaardig teenoor matrose wat gevaarlike storms ter see trotseer het. Hulle is veral verbind met die Egeïese See. Die bekendstes was Tetis, vrou van Peleus en die ma van Achilles; Amfitrite, die vrou van Poseidon; en Galatea, die liefde van die sikloop Polufemos.
Hierdie lys is saamgestel uit vier bronne: Apollodorus, Hesiodus, Homeros en Hyginus, daarom is daar veel meer as 50 name. [1]
In moderne Griekse folklore beteken die term "nereïde" (νεράϊδα) enige nimf of fee en nie net seenimfe nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.