Neeme Järvi (Estiese uitspraak:ˈneːme ˈjærʋi; * 7 Junie 1937) is 'n Amerikaanse dirigent van Estiese afkoms.

Thumb
Järvi by die Estiese Sangfees in 2009

Vroeë lewe

Järvi is in Tallinn gebore. Hy het aanvanklik aldaar musiek studeer, en later in Leningrad by die Leningrad Konservatoria onder o.a. Yevgeny Mravinsky en Nikolai Rabinovich studeer. Hy het vroeg in sy loopbaan poste gehou met die Estiese Radio en Televisie Simfonieorkes, die Estiese Nasionale Simfonieorkes en die Estiese Nasionale Opera in Tallinn.

In 1971 het hy die eerste plek behaal in die Internasionale Dirigeerkompetisie by die Accademia Nazionale di Santa Cecilia in Rome. Järvi het in 1980 saam met sy gesin na die Verenigde State geïmmigreer, en in 1985 'n VSA-burger geword.

Werk

Järvi se platelys sluit oor die 400 opnames vir plate-etikette soos BIS, Chandos en Deutsche Grammophon in. Hy is die bekendste om sy interpretasies van Romantiese musiek en 20ste eeuse klassieke musiek en is 'n voorstander van die werk van sy mede Estlanders Eduard Tubin en Arvo Pärt (wie se Credo hy in 1968 die eerste opvoering van gegee het). Sy interpretasies van Jean Sibelius met die Gotenburg Simfonieorkes is ook goed bekend. Hy het ook verskeie werke opgeneem wat min in hul volledige vorm opgeneem is, soos bv. Edvard Grieg se orkestrale musiek, insluitende die volledige insidentele musiek vir Peer Gynt, sowel as Tsjaikofski se volledige insidentele musiek vir Alexander Ostrofski se toneelstuk Snegurochka (The Snow Maiden), en al drie Rimski-Korsakof se simfonieë en orkestrale suites.

Hy het op SACD Tsjaikofski se volledige simfonieë (met die Gotenburg SO - BIS label) en ballette (met die Bergen FO - Chandos etiket) opgeneem. Hy het ook SACD opnames van musiek deur Mahler, Bruckner, Wagner, Raff en Kurt Atterberg vir Chandos saam met sy ou orkes, die Koninklike Skotse Simfonieorkes, gemaak.

Järvi het ook 'n jaarlikse meestersklas, die Neeme Järvi Somerakademie wat al sedert 2008 in Pärnu, Estland gehou word, gegee gedurende die David Oistrakh fees. Die meesterklas word sedert 2009 gehou gedurende die Leigo Musiekdae in Suid-Estland. Bykomend hiertoe, het hy gehelp om fondse in te samel vir die Estiese Akademie van Musiek, wat in September 2000 oopgemaak het.[1]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.