![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/29/Aleksandr_van_Song_de_Chine.jpg/640px-Aleksandr_van_Song_de_Chine.jpg&w=640&q=50)
Nebelung
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nebelung is ’n seldsame katras met lang lywe, groen oë en ’n halflang, digte pels. Die naam – oënskynlik ’n samesmelting van die Duitse woord Nebel (mis) en die Middeleeuse Duitse saga Nibelungenlied – is waarskynlik vanweë die kat se kenmerkende syagtige blou-grys pels asook die ras se stamouers, wat genoem is na twee hoofkarakters in die Nibelungenlied, die Duitse vegter Siegfried en die Yslandse koningin Brunhilde.