chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Natriummetasilikaat is die chemiese verbinding met die formule Na2SiO3, wat die hoofkomponent van kommersiële natriumsilikaat oplossings is. Dit is 'n ioniese verbinding wat bestaan uit natrium katione Na+ en die polimeriese metasilikaat anione [–SiO2−3–]n. Dit is 'n kleurlose kristallyne higroskopiese en delikwisente vastestof, oplosbaar in water (wat 'n alkaliese oplossing gee) maar nie in alkohole nie.[3]
Algemeen | |
---|---|
Naam | Natriummetasilikaat |
Chemiese formule | Na2SiO3 |
Molêre massa | 122,07 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 6834-92-0[1] |
Voorkoms | kleurlose of wit vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Fase | T<850K |
Selkonstantes | 1948pm; 607pm; 482pm [2] |
Ruimtegroep | Cmc21 |
Nommer | 36 |
Fase | T>850K |
Ruimtegroep | Pmc21[2] |
Nommer | 26 |
Smeltpunt | 1089 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 2,614 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | los op in koue water[1] |
ΔfusHɵ | 43,1 [kJ/mol][1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | ~1200 [mg/kg] (rot)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Die stof vorm 'n penta- Na2SiO3·5H2O en 'n nonahidraat Na2SiO3·9H2O. Hulle smeltpunte is 72,2 °C en 48 °C.
Watervrye natriummetasilikaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur. Dit bestaan uit kettings van SiO4 tetraëders wat hoeke deel. Dit is 'n inosilikaat of kettingsilikaat.
Bo 850K kry dit 'n ander ortorombiese simmetrie wat laer is. Dit is ongewoon. Gewoonlik het hoëtemperatuurfases 'n hoër simmetrie.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.