From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Natalse rooihaas (Pronolagus crassicaudatus) is 'n haas wat in Mosambiek en KwaZulu-Natal voorkom. Die diertjie staan ook bekend as die Natalse rooiklipkonyn.
Natalse rooihaas | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Leporidae |
Genus: | |
Spesie: | P. crassicaudatus |
Binomiale naam | |
Pronolagus crassicaudatus (I. Geoffroy, 1832) | |
Die dier se pels is dig en grof en die kleur is sout-en-peper rooibruin terwyl die onderkant roeserig dofgeel is. Die ken is wit of gryswit en van die wange loop 'n breë strook tot by die agternek wat kontrasteer met die res van die lyf. Die diertjie se massa is 1,3 – 3,1 kg.
Hulle vreet gras, veral jong gras. Hulle kom in rotsagtige terrein voor, soos kranse, kliprantjies en rotsagtige klowe met eetbare gras. Hulle natuurlike vyande is die luiperd, rooikat en vaalboskat.
Na 'n dragtyd van een maand word een of twee kleintjies gebore gewoonlik in die somer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.