Natalse Regeringspoorweë
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Natalse Regeringspoorweë (Engels: Natal Government Railways (NGR)) was van 1877 tot 1910 die spoorwegoperateur in staatsbesit in die voormalige Natalkolonie. Die kern van die NGR is die spoorlyn vanaf Durban tot Volksrust. Hierdie lyn het Charlestown (4 km van die ZAR grens) in 1891 bereik en die skakel na die Witwatersrand is in 1895 voltooi. Ander belangrike lyne is die Oranje-Vrystaat skakel wat Harrismith in 1892 bereik het, die Noordkuslyn en die Suidkuslyn.
Die NGR het 'n belangrike rol in die ekonomiese ontwikkeling van die Natalkolonie gespeel. In besonder, het die NGR in staat gestel die uitbuiting van die Noord-Natal se steenkoolvelde. Voor die ontdekking van goud in die Witwatersrand, is die NGR gesubsidieer deur die Natalse regering, maar nadat die Witwatersrand skakel voltooi is, het die NGR 'n wins gemaak.
Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 het die NGR op 1 Januarie 1912 saamgesmelt met die Kaapse Regeringspoorweë en die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë om die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) te vorm.