Nasionale Dag van Noorweë
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Grondwetdag op 17 Mei is die Nasionale Dag van Noorweë. In die Noorse omgangstaal word na die Nasionale Dag dikwels net as Syttende Mai ("Sewentiende Mei"), Nasjonaldagen of soms Grunnlovsdagen ("Grondwetdag") verwys. Hierdie openbare vakansie- en vlagdag word jaarliks ter herinnering aan die historiese datum in 1814 gevier toe koning Christiaan Frederik die Noorse Grondwet in Eidsvoll onderteken het en sodoende die weg gebaan vir Noorweë se kortstondige onafhanklikheid as 'n soewereine staat. Alhoewel die land kort daarna in die Vrede van Kiel gedwing is om 'n personele unie met die Koninkryk Swede te vorm, het die Sweedse monarg nogtans die nuwe Noorse Grondwet eerbiedig en selfregering aan die land toegestaan.
Die Noorse bevolking vier die Nasionale Dag sedert die 19de eeu uitbundig met onder meer straatoptogte.