From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Nasaal, nasale konsonant of neusklank is 'n soort konsonant waar die sagte verhemelte in die mond laat sak word om die vrye deurvloei van lug deur die neus toe te laat. Die mondholte tree steeds op as die resonansieruimte vir die klank maar lug ontsnap nie deur die mond nie aangesien dit deur die tong versper word. By uitsondering kan nie-nasale konsonante ook genasaliseer word.
Akoesties is nasale sonorante wat beteken dat hulle nie die ontsnap van lug verhinder nie en dat hulle byna deurgaans stemhebbend is oor alle tale heen. Twee noemenswaardige uitsonderings is Yslands en Wallies wat oor stemlose nasale klanke beskik. Dit staan in teenstelling met plosiewe wat lug geheel en al versper en frikatiewe wat lug in 'n nou kanaal versper.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.