Nan Hua-tempel
Boeddhistetempel in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nan Hua-tempel (南華寺, Nanhua Si) is die grootste Boeddhistetempel en -kweekskool in Afrika, en is geleë in Bronkhorstspruit in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is die Afrika-hoofkwartier van die Fo Guang Shan-orde en is in 1967 gestig. Dit is ’n Mahayana Boeddhistiese kloosterorde.