From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Klerksdorp-Noord is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente se stigtingsdatum word om die een of ander rede nie meer in die jaarboeke van die NG Kerk aangedui nie. In ouer jaarboeke word dit wel aangedui as 1955. Die kerkgebou is geleë by Dr. Yusuf Dadoolaan 6, Wilkoppies, Klerksdorp. In 2013 was die gemeente vakant, maar die afgetrede ds. P.J. le Roux het opgetree as pastorale versorger. Daar was in daardie jaar 47 doop- en 330 belydende lidmate. Einde 2014 het dit gedaal tot 43 en 308, vergeleke met 250 en 680 20 jaar vantevore.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.