Myst IV: Revelation
From Wikipedia, the free encyclopedia
Myst IV: Revelation is wys-en-kliek rekenaarspeletjie en die vierde in die Myst-reeks. Dit is die eerste speletjies in die reeks wat eksklusief op DVD vrygestel is ('n CD-weergawe sou 12 CD's nodig gehad het om al die data te bevat). Soos die vorige speletjie in die reeks, Myst III: Exile, kombineer Revelation vooraf gesintetiseerde grafika met digitale video, maar bevat dit ook intydse 3D-effekte om 'n groter gevoel van werklikheid te gee.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Myst IV: Revelation | |
---|---|
![]() 'n Skakelboek uit Myst IV, waarmee die speler tussen wêrelde kan beweeg | |
Ontwikkelaar | Ubisoft Montreal |
Uitgewer | Ubisoft |
Uitgereik | September 2004 |
Genre | Avontuur / Fantasie |
Modus | Enkelspeler |
Platform | Microsoft Windows, Mac OS X, Xbox |
Amptelike webtuiste | mystrevelation.us.ubi.com |
Die storielyn van Revelation voltooi dié van die oorspronklike Myst. Die speler word deur Atrus ontbied, 'n man wat skakels na ander wêrelde (sogenaamde Ages of "Tye") skep deur spesiale skakelboeke te skryf. Ongeveer 20 jaar vroeër toe Atrus se twee seuns byna al sy skakelboeke vernietig het, het Atrus hulle elk in 'n aparte Tyd gevangene geneem. Atrus versoek die speler om as 'n neutrale beoordelaar op te tree deur die broers in hulle Tye te besoek en te kyk of hulle tot inkeer gekom het. Kort na die begin van die spel verdwyn Atrus se jong dogter, Yeesha, en dit blyk dat een van haar twee broers haar ontvoer het. Die speler moet dus na elke broer se Tyd reis in 'n poging om Yeesha te red.
Die ontwikkeling van Revelation het meer as drie jaar geduur en Ubisoft het tot 80 werknemers gehad wat aan die speletjie gewerk het. Die musikant Peter Gabriel het sy stem verleen aan die klankbaan en die spel se oudio. Die klankbaan is deur Jack Wall gekomponeer (hy het ook die klankbaan van Myst III: Exile behartig). Die speletjie het oor die algemeen positiewe resensies ontvang, alhoewel sommige publikasies ontevrede was oor die speler se beheerskema.