![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e4/World_map_of_electrical_mains_power_plug_types_used.svg/langaf-640px-World_map_of_electrical_mains_power_plug_types_used.svg.png&w=640&q=50)
Muurprop
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Muurprop is 'n aansluitpunt vir die afneem van elektriese energie van die kragnet met behulp van 'n plastiek- of geïsoleerde metaalkissie.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e4/World_map_of_electrical_mains_power_plug_types_used.svg/640px-World_map_of_electrical_mains_power_plug_types_used.svg.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/BS_546_Plugs_-_15A_5A_2A.png/640px-BS_546_Plugs_-_15A_5A_2A.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3b/French-power-socket.jpg/640px-French-power-socket.jpg)
So 'n muurprop (of in der waarheid 'n muursok) is die ontvang- of inpasdeel waarin 'n kontaksok ingesteek word om 'n elektriese kring te sluit.
Die bekendste muurproppe in Suid-Afrika bestaan uit drie kontakpunte vir die kontakprop, die grootste aansluiting is die grond- of beskermingkontak. In Europa word proppe met "twee gate" teen 'n spanning van 220-240 volt aangetref. Kontakbokse kan of in die muur ingebou wees (vlakpassend), of bo-op die pleisterlaag gemonteer word indien dit ná die bouery aangebring is.