![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/90/Nizami_Ganjavi%252C_Khamsa%252C_Khosrow_and_Shirin%252C_70tn_of_the_XVI_century%252C_SPL%252C_Dorn_341._f._70_b._%2528cropped%252C_musicians_detail%2529.jpg/640px-Nizami_Ganjavi%252C_Khamsa%252C_Khosrow_and_Shirin%252C_70tn_of_the_XVI_century%252C_SPL%252C_Dorn_341._f._70_b._%2528cropped%252C_musicians_detail%2529.jpg&w=640&q=50)
Muğam
From Wikipedia, the free encyclopedia
Muğam (Azerbeidjans: Muğam) of Muğam-musiek, Azerbeidjanse muğam-musiek is 'n soort simfoniese werk wat in dele met gesang en instrumentele musiek gerangskik word. Sy wortels lê in die Persiese hoofse musiek sodat Europese musikale konsepte soos tonale skema's met toonaarde net soos Europese ritmes hier nie toegepas kan word nie.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/90/Nizami_Ganjavi%2C_Khamsa%2C_Khosrow_and_Shirin%2C_70tn_of_the_XVI_century%2C_SPL%2C_Dorn_341._f._70_b._%28cropped%2C_musicians_detail%29.jpg/640px-Nizami_Ganjavi%2C_Khamsa%2C_Khosrow_and_Shirin%2C_70tn_of_the_XVI_century%2C_SPL%2C_Dorn_341._f._70_b._%28cropped%2C_musicians_detail%29.jpg)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/09/Stamps_of_Azerbaijan%2C_2012-1027.jpg/640px-Stamps_of_Azerbaijan%2C_2012-1027.jpg)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Stamps_of_Azerbaijan%2C_2014-1143-souvenir_sheet.jpg/640px-Stamps_of_Azerbaijan%2C_2014-1143-souvenir_sheet.jpg)
Opvoerings kan soms ure duur, waarby die sanger op Azerbeidjan se drie nasionale instrumente begelei word – die tar ('n soort luit), die kamança ('n soort knieviool met 'n dik resonansie-ruimte) en die daf ('n soort tamboeryn).
- Azerbeidjan se drie nasionale instrumente
- Daf
- Tar
- Kamança
Die simfoniese grondslag van muğam-musiek het in die vroeë 20ste eeu die oorname en plaaslike ontwikkeling van westerse klassieke musiek vergemaklik. So het Azerbeidjanse komponiste 'n leidende rol in die klassieke musikale lewe van die Sowjetunie gespeel. 'n Tweede komponent van muğam-musiek, improvisasies, het daarvoor gesorg dat dié tradisionele musiekstyl ewe maklik ingang in die plaaslike jazz-musiek gevind het.
In 2003 is muğam-musiek deur UNESCO eweneens as "meesterwerke van die mondelinge en immateriële erfenis van die mensdom" gelys.