![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b4/2006-07-17_moselschleife_bremm_hochkessel.jpg/640px-2006-07-17_moselschleife_bremm_hochkessel.jpg&w=640&q=50)
Moeselromaans
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term Moeselromaans verwys na die Romaanse taal wat teen die einde van die Romeinse tydperk in die provinsie Gallia Belgica (Belgica I) – die gebied van die Moesel- en Saarriviere – gepraat is. Hierdie gebied is oorwegend deur geromaniseerde Keltiese stamme bewoon (waaronder die Treverers langs die Moesel), alhoewel ook baie Laetes (Germaanse huursoldate) hulle hier gevestig het.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b4/2006-07-17_moselschleife_bremm_hochkessel.jpg/640px-2006-07-17_moselschleife_bremm_hochkessel.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1f/LocatieMoezel.png/320px-LocatieMoezel.png)
Ná die einde van die Romeinse heerskappy het Frankiese stamme die gebied beset. Ten spyte van die sterk Germaanse invloed het 'n aantal klein Romaanse taalgebiede tot by die 11de eeu hier bestaan.