Minister van Verdediging en Militêre Veterane (Suid-Afrika)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Minister van Verdediging en Militêre Veterane (voorheen die Minister van Verdediging) is 'n minister in die regering van Suid-Afrika, wat verantwoordelik is vir die toesig oor die Departement van Verdediging, die Departement van Militêre Veterane en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Die huidige minister is Nosiviwe Mapisa-Nqakula en haar adjunk is Kebby Maphatsoe.