MiG-17
Russiese vegvliegtuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die MiG-17 is 'n Russiese vegvliegtuig wat uit die MiG-15 ontwikkel is. Die ontwerp van die vliegtuig het reeds in 1949 begin as 'n verbeterde weergawe van die MiG-15. Die vliegtuig het reeds gevlieg lank voor die die Korea-oorlog uitgebreek het. Die ontwerp was veral gefokus op die swak punte van die MiG-15, veral sy swak hantering teen hoë snelhede. Die MiG-17 was 'n nuwe ontwerp met langer vlerke wat teen 'n groter hoek geswiep het. Die stertvin was ook groter.
MiG-17 | |
---|---|
Tipe | Straalvegter |
Vervaardiger | Mikojan |
Ontwerp deur | Artem Mikojan |
Nooiensvlug | 14 Januarie 1950 |
Bekendstelling | Oktober 1952 |
Status | Beperkte gebruik |
Hoofgebruiker | Russiese Lugmag |
Aantal gebou | 10 649 |
Weergawes | MiG-19 |
Die prototipe het reeds in Januarie 1950 sy nooiensvlug voltooi en produksie het in Augustus 1951 begin. Navo se kodenaam vir die vliegtuig was Fresco-A. Aflewering het in 1952 begin, maar dit was te laat vir deelname aan die Korea-oorlog. Die eerste MiG-17's was egter nie veel beter as die MiG-15 nie.