![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Prime_meridian.jpg/640px-Prime_meridian.jpg&w=640&q=50)
Meridiaan
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Meridiaan of lengtelyn is die helfte van ’n denkbeeldige grootsirkel op die aarde se oppervlak. Dit strek tussen die Noord- en Suidpool en verbind punte met dieselfde lengtegraad met mekaar. Elke meridiaan lê loodreg op die ewenaar. Hulle is almal dieselfde lengte: die helfte van ’n grootsirkel op die aarde se oppervlak en dus 20 003,93 km.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Prime_meridian.jpg/320px-Prime_meridian.jpg)