![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/65/20180328_Freedom_7-II_capsule_Udvar-Hazy.jpg/640px-20180328_Freedom_7-II_capsule_Udvar-Hazy.jpg&w=640&q=50)
Mercury-Atlas 10
Gekanselleerde ruimtetuig. / From Wikipedia, the free encyclopedia
Mercury-Atlas 10 (MA-10) is 'n gekanselleerde bemande ruimtevlug, wat die laaste vlug van NASA se Mercury-program sou gewees het. Dit was beplan as 'n verlengde driedag sending wat later in 1963 gelanseer sou gewees het. Die ruimtetuig sou die naam Freedom 7-II gedra het en deur Alan Shepard beman wees.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/65/20180328_Freedom_7-II_capsule_Udvar-Hazy.jpg/640px-20180328_Freedom_7-II_capsule_Udvar-Hazy.jpg)
Die vlug is egter gekanselleer na die sukses van die eendag Mercury-Atlas 9-sending in Mei 1963. Dit het NASA kans gegee om al hulle hulpbronne vir die meer gevorderde Gemini-program te gebruik.