![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/60/Remagen_Caracciola_20060806.jpg/640px-Remagen_Caracciola_20060806.jpg&w=640&q=50)
Mercedes AMG Petronas F1-span
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mercedes AMG Petronas Formule Een-span (voorheen Mercedes Grand Prix) is 'n Duits-Britse Formule Een-motorrenspan wat by Brackley, Northamptonshire, in Engeland gebaseer is. Hulle neem aan die Formule Een wêreldkampioenskap deel en maak ook gebruik van Mercedes F1-enjins in hulle renmotors.
- Nota: Hierdie artikel handel slegs oor Mercedes-Benz se geskiedenis as Formule Een-renspan. Vir die verskaffer van Mercedes renmotorenjins, sien Mercedes AMG High Performance Powertrains op die Engelse wikipedia.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/60/Remagen_Caracciola_20060806.jpg/640px-Remagen_Caracciola_20060806.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3e/KlingK-MB-W196-1976.jpg/640px-KlingK-MB-W196-1976.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/16/Mercedes_AMG_F1_W04_-_Lewis_Hamilton_%288493461760%29.jpg/640px-Mercedes_AMG_F1_W04_-_Lewis_Hamilton_%288493461760%29.jpg)
Die span se renjaers vir die 2014 tot 2016 Formule Een-seisoene was die Brit Lewis Hamilton en die Duitser Nico Rosberg. In 2017 het die Finse renjaer Valtteri Bottas die 2016-wêreldkampioen Rosberg, wie uitgetree het, in die span vervang.
Die jong jaer George Russell het in 2022 by die Mercedes-fabriekspan aangesluit nadat Bottas na Alfa Romeo verskuif het.