From Wikipedia, the free encyclopedia
Die osoog-tarpon (Megalops cyprinoides) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom en is seldsaam suid van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Oxeye tarpon.
Osoog-tarpon | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Megalops |
Spesie: | Megalops cyprinoides |
Binomiale naam | |
Megalops cyprinoides (Broussonet, 1782) | |
Die vis se lyf is slank en dun. Die dorsale vin se laaste straal is lank en die stertvin is diep gevurk. Daar is geen skubbe op die kop nie, die oë en die bek is groot. Die vis het klein tande. Die vis is silwer van kleur. Dit kan tot 60 cm lank word en weeg dan 3 kg.
Die visse broei in die see en beweeg dan later na die kus waar hulle gevind word in riviere en getymondings. Die onvolwasse visse leef saam in varswater en vreet plankton. Die volwasse visse vreet vis, inseklarwes en garnale. Die Osoogtarpon is een van die min seevisse wat lug inasem, hulle beweeg gereeld na die oppervlaktte vir lug. Die swemblaas is aangepas hiervoor.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.