Mate (tee)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die mate (of yerba) is 'n gewilde soort tee in Argentinië en ander Suid-Amerikaanse lande. Dit word van die gedroogde blare van die huls (Ilex) gemaak en dit kan met of sonder suiker of heuning gedrink word. Die Argentynse stad Apostoles is die sentrum van die mate-nywerheid.