![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d8/Mutsuo_Toi.jpg/640px-Mutsuo_Toi.jpg&w=640&q=50)
Massamoordenaar
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Massamoordenaar is 'n persoon wat 'n klomp ander mense vermoor het.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d8/Mutsuo_Toi.jpg/320px-Mutsuo_Toi.jpg)
Volgens die FBI se definisie verwys massamoord na moord op vier of meer mense sonder enige afkoeltydperk tussenin.[1] Hierdie moorde vind dus op dieselfde tyd, of in 'n relatief kort periode plaas. Wanneer daar 'n afkoeltydperk tussen moorde is, is die term reeksmoordenaar meer gebruiklik.
Massamoord kan deur 'n persoon of 'n groep (soos 'n terroristegroep of regering) gepleeg word. In baie gevalle is die moordenaar geestelik versteurd. Soms pleeg so 'n moordenaar selfmoord, of word deur die polisie vermoor.