Martin Baltimore
Twee motorige militere vliegtuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Martin Baltimore is 'n tweemotorige bomwerper wat ontwerp was volgens Britse spesifikasies as 'n opvolger vir die Martin Maryland. Die vliegtuig is gebruik deur die Franse Lugmag, Britse Lugmag, Suid-Afrikaanse Lugmag en Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die eerste prototipe bekend as die Martin 187 het op 14 Junie 1941 sy nooiensvlug voltooi, veertien maande nadat die Britse Lugmag 'n bestelling vir 400 vliegtuie geplaas het. Die 400 vliegtuie is as volg afgelewer: 50 Mk I's, 100 Mk II's en 250 Mk III's. Die drie modelle het dieselfde motors gehad, vier masjiengewere aan die sye, een wat agtertoe kon vuur en vier in die ventrale posisie. Slegs die dorsaleskiettoring het verskil van die drie modelle; die Mk I en Mk II's het een en twee Vickers K-masjiengewere onderskeidelik gehad en die Mk III was toegerus met 'n vier masjiengeweer Boulton Paul-skiettoring.
Martin Baltimore | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Glenn L. Martin Company |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Armée de l'Air Britse Lugmag Suid-Afrikaanse Lugmag |
Aantal gebou | 1,575 |
Ontwikkel van | Martin Maryland |
Nie 'n enkele eenheid van die vliegtuig het in die Amerikaanse Lugmag diens gedoen nie.