Maria Wladimirowna, groothertogin van Rusland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Wladimirowna en die van is Romanowa.
Kitsfeite Huis, Gebore ...
Maria Wladimirowna | |
---|---|
Huis | Holstein-Gottorp-Romanof |
Gebore | 23 Desember 1953 |
Eggenoot | Prins Franz Wilhelm van Pruise (geskei 1985) |
Kinders | Groothertog Georgi Michailowitsj |
Vader | Groothertog Wladimir Kirillowitsj |
Moeder | Prinses Leonida Georgievna Bagration-Moukhransky |
Sluit
Maria Wladimirowna, groothertogin van Rusland (Russies: Мари́я Влади́мировна Рома́нова; geb. 23 Desember 1953 in Madrid) is sedert 1992 ’n aanspraakmaker op die hoofskap van die Huis van Romanof en die titel keiserin en outokraat van Rusland. Sy gebruik haar lewe lank die titel "groothertogin" en die aanspreekvorm "keiserlike hoogheid", hoewel haar reg tot die titel betwis word.[1][2] Sy is ’n agter-agterkleindogter van tsaar Aleksander II van Rusland deur die manlike lyn.