From Wikipedia, the free encyclopedia
Manuel Jeannin (IFA: manɥɛl ʒanɛ̃; gebore 1 November 1975), professioneel bekend as Manuel Ferrara, is 'n Franse pornografiese akteur en regisseur.[2]
Manuel Ferrara | |
Ferrara in 2019. | |
Geboortenaam | Manuel Jeannin |
---|---|
Alias | Manu, Manuel, Manuel Ferrera, Manu Ferrara, Emanuel Ferrara, Manu Ferraro, Frog Ferrara, Manu Ferrera, Manual Ferrara, Manu Gaussian, Manuel Ferrara, grand chibrax[1] |
Geboorte | 1 November 1975[1] Le Raincy, Frankryk[2] |
Nasionaliteit | Frans |
Lewensmaat | Dana Vespoli[3][4], Kayden Kross[5] |
Beroep(e) | Pornografiese akteur, regisseur |
Aktiewe jare | 1997-tans[1] |
Webwerf | manuelferrara |
Toekennings | AVN-prys vir manlike kunstenaar van die jaar: 6 keer |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Ferrara is een van die vooraanstaande akteurs in die pornografiebedryf[6] en het al meer as 60 pryse gewen, onder meer die AVN-prys vir manlike kunstenaar van die jaar, wat hy 'n rekordgetal van ses keer ingepalm het. Hy is opgeneem in die heldesaal van AVN en XRCO.[7]
Ferrara is in Le Raincy, Frankryk, gebore. Hy het sy eerste toneel in harde pornografie in 1997 geskiet, terwyl hy studeer het, nadat hy op 'n advertensie in 'n Franse pornografietydskrif gereageer het.[8] Hy het toe sy pornografieloopbaan begin en in verskeie Franse en Europese prente verskyn. Hy het sy verhoognaam gekies omdat hy effens lyk soos die bokser Stéphane Ferrara, wat later 'n akteur geword het.[9]
Ferrara het die beskermling geword van Rocco Siffredi, wat hom aanbeveel het vir 'n rol in John Stagliano se Fashionistas, waarin hy sy Amerikaanse debut gemaak het.[10][9] In 2003 het hy gonzo-pornografie begin regisseer[11] en in 2004 vir Red Light District Video.[12]
Ná twee jaar het Ferrara vir Evil Angel begin regisseer[13] en hy was sedertdien die regisseur van verskeie prente.
Op 22 Januarie 2012 het Ferrara die eerste akteur geword wat AVN se prys vir manlike kunstenaar van die jaar vier keer gewen het.[7][14] Hy het dit daarna, in 2014 en 2019, weer gewen.
Ferrara het gedurende sy loopbaan in sowat 2 200 prente verskyn.[1] In 2012 het hy en die pornografiese aktrise Zoe Voss in 'n eksplisiete sekstoneel in die hoofstroomprent Starlet verskyn.[15]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.