From Wikipedia, the free encyclopedia
Die naam malkopby of messelby word algemeen gebruik vir byespesies in die genus Osmia. Malkopbye bou hulle neste in amper enige beskikbare gaatjie, hoofsaaklik in hout, maar selfs leë slakdoppe is al gebruik. Die nes word slegs met een materiaal gebou, en die by gebruik modder om afsonderlike kompartemente in sy nes te bou (vandaar die naam "messelby").
Malkopby | |
---|---|
Osmia rufa | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Megachilidae |
Subfamilie: | Megachilinae |
Tribus: | Osmiini |
Genus: | Osmia Panzer, 1806 |
Spesies | |
Osmia bicolor |
Malkopbye word toenemend deur mense aangehou en geteel, vir die bestuiwing van vrugtebloeisels in die vroeë lente. Hulle word soms as 'n alternatief, maar toenemend as 'n aanvulling, vir heuningbye gebruik.
Anders as heuningbye, is malkopbye nie sosiale bye nie: elke wyfie is vrugbaar en bou haar eie nes en daar is geen werkersbye nie. Hulle produseer ook nie heuning of byewas nie.
Hierdie bye kan gelok word deur vlak gate in 'n blok hout te boor. Omrede dat hulle nie heuning het om te beskerm nie, sal hulle mens slegs steek indien hulle voel hulle lewe is in gevaar (byvoorbeeld wanneer 'n by tussen 'n mens se vingers vasgehou en gedruk word). Hulle is dus gewilde tuininsekte, siende dat hulle plante bestuif en nie 'n bedreiging vir kinders of troeteldiere inhou nie.
Malkopbye is gewoonlik 'n metaalgroen of -blou, alhoewel daar baie spesies is wat swarterig is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.