Magnetochemie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Magnetochemie is 'n tak van die chemie wat hom besig hou met die magnetiese eienskappe van chemiese verbindings.
Hoewel die koolstofverbindings wat die onderwerp van die organiese chemie is, ook interessante magnetiese eienskappe kan besit wat bestudeer word, is die magnetochemie hoofsaaklik 'n tak van die anorganiese chemie en veral van die fisiese chemie van die oorgangsmetale en die lantaniede. Dit hang saam met die feit dat d-elektrone en f-elektrone kleiner wisselwerkings met buuratome ondergaan as s- of p-elektrone, waardeur hulle dikwels meer ongepaarde elektronespins kan behou. Hierdie ongepaarde spins veroorsaak 'n verskeidenheid van magnetiese eienskappe, soos ferromagnetisme, ferrimagnetisme, antiferromagnetisme, paramagnetisme en diamagnetisme.
Die vraag of spins gepaard raak of ongepaard bly word dikwels aangedui met die begrip spintoestand.