Maaloula
From Wikipedia, the free encyclopedia
Maaloula, soms ook Ma'loula of Maalula (Aramees: מעלולא, Maʿlūlā; Arabies: معلولا Maʿlūlā) is 'n dorp in die Siriese Rif Dimashq-goewernement. Die dorp is 56 km noordoos van die hoofstad Damaskus en meer as 1 500 m bo seevlak in 'n ruwe berggebied geleë.
Kitsfeite Maaloula מעלולא (Maʿlūlā), Land ...
Maaloula מעלולא (Maʿlūlā) | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 33°50′39″N 36°42′48″O | |
Land | Sirië |
Goewernement | Rif Dimashq |
Distrik | Al-Qutayfah |
Hoogte | 1 500 m (4 900 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 2 762 |
Tydsone | UTC+2:00 (OET) |
• Somertyd | UTC+3:00 (OEST) |
Sluit
Maaloula, wat hoofsaaklik deur Christene bewoon word, het van oudsher 'n belangrike rol as godsdienstige sentrum en toevlugsoord gespeel. Maar dit staan veral bekend as een van drie nedersettings in Sirië waar 'n Wes-Aramese dialek as omgangstaal gebesig word. Aramees was die moedertaal van Jesus van Nasaret, maar was al omstreeks 1300 byna uitgestorwe.