Magnetieseresonansiebeelding (MRB) is ’n mediese beeldtegniek wat in radiologie gebruik word om foto's van die anatomie en fisiologiese prosesse van die liggaam te neem. MRB-skandeerders gebruik sterk magneetvelde, radiogolwe en veldgradiënte om beelde van die organe in die liggaam te skep. Dit sluit nie X-strale in nie, en dit onderskei dit van CT-skanderings.

’n MRB-skandering.

Hoewel die gevare van X-strale deesdae goed beheer word, kan MRB in dié verband as verhewe bo CT beskou word. MRB word algemeen in hospitale en klinieke gebruik vir mediese diagnoses sonder dat die liggaam aan ioonbestraling onderwerp word. MRB kan ander resultate as CT oplewer en daar kan risiko's en ongemak aan verbonde wees, soos dat die pasiënt in ’n nou, ingeslote buis ingestoot word.

Vir mense met mediese inplantings en ander metaalonderwerpe in die liggaam wat nie verwyder kan word nie, is MRB-ondersoeke soms ook nie veilig nie.

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.